Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder
Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke
1> Die Koninkryk van die hemele :2> Die Koninkryk van die hemele sal op aarde wees :3> Koning YaHshua word ook genoem David :4> Koninkryk van hemele net vir Israel alleen :5> Vreemdes en uitlanders mag nie heers oor Israeliete :6> Die uitgeputte aarde sal weer vrugbaar :7> Koninkryk soos volksraad stelsel
Hoofstuk 26 Koninkryk van hemele net vir Israel alleen

KONINKRYK VAN HEMELE NET VIR ISRAEL ALLEEN

Hy erken ook net sy volk Israel of Jakob as sy eie: "Hy maak aan Jakob sy woorde bekend (sy wet) aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge. dié ken hulle nie". Psalms 147:19-20.

Daarom sal hulle ook nie die verborgenhede van die koninkryk verstaan nie, want dit is nie aan hulle gegee om te verstaan nie. Daarom sal die leraars wat die volk Israel verwerp en 'n ander koninkryk aanhang (waarheen hulle gaan as hulle sterf, soos hulle sê) nie die koninkryk van Yahweh verstaan nie: "Daarom is dit nodig dat hulle weer die eerste beginsels van die woorde van die Here moet leer en hulle het weer behoefte aan melk en nie vaste spys nie. Vaste spys is vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte beoefen om goed van kwaad te onderskei." Hebreërs 5:12-14. Hulle sal ten minste kan onderskei tussen die ander koninkryk wat volgens die leraars in die hemel sal wees en die Koninkryk van Yahshua wat op die wêreld sal wees, volgens die Bybel.

"En in dié dag sal 'n man 'n jong koei en 'n paar skape in die lewe hou en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het". Jesaja 7:21-22. As die koninkryk in die hemel gaan wees, beteken dit dan dat hulle daar koeie en skape en bye gaan aanhou? En waarom sal hulle eet as almal geeste is? En wat wil hulle met reën maak? En waarom sal hulle ploeg en saai en maai? Hoe sal hulle nog sterf daar en sondaars wat gestraf sal word? Of gaan hulle sê dit het alles geestelike bedoelinge? Is dit die geestelike hemel van Nimrod of Baäl?

Yahshua sê aan die Jode: "Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie". Johannes 8:21. Hier kan die verskoning waarskynlik aangehaal word dat Hy "bedoel" het dat daardie Jode nie hemel toe gaan nie as gevolg van hulle sondes en hulle booshede, maar kom ons gaan 'n bietjie verder in verband hiermee: Nou praat Hy hier met sy dissipels en sy persoonlike getroue volgelinge: "My kinders, nog 'n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie - so sê Ek nou ook vir julle." Johannes 13:33.

Dit is wat Hyself gesê het en is dus baie betroubaar; en dit strook met die hele Bybel maar nie met die koninkryk van die leraars van die hedendaagse bestaande kerke nie. Hulle sê: al die nasies van die wêreld behoort aan Hom en Hy het almal lief. Lyk dit of dit waar kan wees uit al die tekste wat in hierdie hoofstuk genoem is? Daar is nog baie meer in die Bybel, te veel om alles hier te noem; maar as hierdie hele lot nog nie genoeg is om die leser te oortuig nie, sal 'n duisend ander ook nie genoeg wees nie. Dit was in die ou dae so en is nog steeds so dat die volk so onder die invloed van die valse leer kom, dat die ware leer van die Bybel vir hulle vreemd klink. Daarom sê Hy: "Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig - die altare het vir hom tot sonde geword. Ek het hom tien duisende leringe van my wet voorgeskrywe(in die Bybel), maar dit word as iets vreemds geag." Hoséa 8:11-1. Dit is baie waar in hierdie dae, want dit word mos gepreek dat die wet van Yahweh nie meer bestaan nie, want Yahshua het dit kom beëindig. Die volgende is verteenwoordigend van die voriges en baie meer: "Daarom spreek Yahweh, Here van die leërskare, die Magtige van Israel: O Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teenstanders en My wreek op my vyande". En aan sy volk sê Hy: "En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem". Jesaja 1:24-25. Dit is sonder twyfel die struikelblokke en waarskynlik ook saam met die twee derdes van Sagaria 13:8, en dit sluit in al die leiers wat verleiers geword het en wat sy volk aan die vyande oorgegee het; en die valse leraars wat hulle op dwaalweë en valse leer en tot baäldiens gelei het. En Hy sê verder aan sy volk: "En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy 'n stad van geregtigheid, en 'n getroue vesting genoem word (Jerusalem). Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat Yahweh verlaat, sal omkom". Jesaja 1:24-28. Dit wil sê daar is nie nou regters nie, maar daar was en daar sal weer wees. Hieruit is dit baie duidelik hoe groot die verskil gaan wees in die koninkryk van die hemele, tussen die nasies van sy volk en die ander nasies. Hy sal sy volk dus geheel en al verlos van al die Illuminati-leiers en Vrymesselaars en Broederbonders en valse leraars wat saamwerk met, en ten gunste is van die linkse nasies en magte van die Bose; en sy volk uitroei en tot ondergang rig deur toestande te skep en toe te pas wat presies ooreenstem met Edward Gibbon se tien punte wat die groot oorsaak was van die val van die Romeinse Ryk. Dit was ook in 'n groot mate die Algemene Christelike Kerk van daardie dae, wat die oorsaak was.

Van dié tien punte: Kan vandag se verwronge wêreld toestande nie sonder twyfel ook op rekening van dieselfde instansie geplaas word nie?

Dit is egter so geprofeteer dat ons die toestande wat ons tans aan die einde van die tye van die wêreld heerskappye heers, sal beleef: Dat; "die voortdurende offer (godsdiens) en die goddeloosheid saam sal wees", Daniël 8:11-12; maar vers 14 sê vir ons dat die volk weer in sy regte staat herstel sal word en nog baie ander plekke bevestig dit. Net so seker as wat die slegte profesie in vervulling gekom het soos ons dit vandag sien, net so seker sal die herstel van sy volk ook plaasvind en alles dui op weerwraak teen die teenstanders; wat daarop sal volg. Die leiers en die leraars en hulle volgelinge behoort hiervan notisie te neem en die Bybel te ondersoek. Die wêreld toestande kan redelik goed uit die Bybel opgesom word: Neem in ag dat die hele wêreld agter die rooidier aangaan volgens Openbaring 13:3. Die dier is dieselfde as die voete van die beeld van Daniël 2, sowel as die horing van Daniël 8:11-12. Ons neem verder in ag dat die twee derdes van Israel van Sagaria 13:8 ook saam aan die kant van die dier sal wees, dit is die kant van links.

'n Deel van die Europese - Westerse - Blanke nasies - hoe 'n groot deel weet ons nie - sal sekerlik Adamiete wees, maar nie Israeliete nie. Daar sal wel seker 'n gedeelte van hulle wees wat hulle by die Israeliete sal aansluit volgens Jesaja 56. Nogtans kan ons aflei dat die Israeliete slegs 'n geringe gedeelte van die wêreld sal uitmaak en teen die res van die wêreld sal moet oorlog voer. Dit is onmoontlik om die Algemene Kerke in die praktyk te sien, as die militêre mag of leërskare van God wat teen die wêreld sal oorlog voer. Inteendeel, die kerk is juis die wêreldkerk wat vir die wêreld in die bresse staan. Hoe kan hy teen homself oorlog voer? In hierdie lig gesien, is dit dan tog ook duidelik waarom die kerk vir alle nasies en rasse is en beweer dat die volk wat vir die doel van die koninkryk geformeer is, nie meer bestaan nie en die wêreldkerk nou in sy plek gekom het. En dit is dan ook duidelik waarom hulle die bestaan van die volk Israel ontken en ook vyandig gesind is. Volgens die hele Skrif is dit slegs die geheiligde volk wat deur die wêreld aangeval sal word en teen die wêreld sal moet terugveg volgens Eségiël 38 en 39 en Joël 2 en andere. Dit is ook duidelik dat dit nie 'n saak van hulle eie sal wees nie, maar 'n saak van Yahweh. Daarom sal hulle as sy leërskare die oorlog in sy Naam teen sy vyande, die Gog en die Magog en baie nasies saam met hulle, moet veg. Die oormag sal sekerlik vir hulle te groot wees om self met eie magte die oorwinning te behaal en Jesaja 63 sal dan sekerlik in vervulling gaan. Hy sal die oorwinning behaal vir sy volk en vir Homself, maar die roem van die oorwinning sal Syne wees. So sal Hy Hom dan laat ken as die Almagtige van Israel. Lees ook Jesaja 2:11, en 5:16, Jeremia 46:10 en Openbaring 5:5.

Dan sal die koninkryk van die vooete deur Yahshua saam met sy volk verslaan wees. Dit is die magte van die duiwel onder die leiding en heerskappy van die valse profeet en die Antichris wat die oorsaak van al die gruwels in die wêreld is: "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek." 1 Johannes 3:8. Dit is die doel van sy eerste koms en ook van sy tweede koms; om die finale slag te lewer en dan verder self te regeer saam met sy volk. Dit sal 'n wonderlike tyd van vrede wees vir mens sowel as dier soos ons aflei uit die tekste wat handel oor die koninkryk van die hemele; en die voorspoed en seëninge is vir ons onmoontlik om nou te verstaan voordat ons nie daarin is nie.

Nog verdere getuienis oor die wondere ván die koninkryk van die hemel, op aarde: "Op Hom (die takkie van Isai) sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid (dit is onder andere die Skeppings Gees) en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van Kennis en van die vrees van die Here." Jesaja 11:2. (Hier merk ons weer van die verskillende eienskappe waaruit die Heilige Gees van Yahweh bestaan en die eienskappe van 'n verheerlikte liggaam. In Jesaja 4:4 lees ons ook van "die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging"). "... aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak." Jesaja 11:4.

 

Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017